June 18, 2015

Be your Dream – Entrepreneurskap maak dit moontlik

admin

No Comments

Click Here

THABAZIMBI – Beide Hoërskool Frikkie Meyer en Laerskool Thabazimbi asook Laerskool Koedoeskop het die geleentheid gehad om deel te wees van die “Be Your Dream” projek wat deur die sangeres Anais begin is om die jeug by te staan en te motiveer om hul eie drome te verwesenlik en nie op moedverloor se vlakte te eindig nie.
Anais is die nasionale ambassadeur van “Life Line”, ‘n ondersteuners inbeldiens om mense, veral kinders, wat probleme ondervind, hetsy, boeliery, mishandeling, liefdesprobleme, selfmoordneigings, probleme tuis of op skool en enige probleme wat hulle ondervind en niemand kan vertrou om dit mee te bespreek nie.
Haar tegniek is om by skole op te tree en die boodskap oor te dra dat daar wel hulp is, ongeag hoe groot die droom mag blyk te wees. Dit doen sy met behulp van haar orkes wat en lewer hulle uitvoering waar al die kinders uitgenooi word om saam te dans.
Sy het haar eie kameraspan wat opnames by die skole doen vir die gelyknamige program “Be your Dream” wat vanaf 15:00 op Kyknet kanaal 146 uitgesaai word. Life Line word direk hierby betrek om die boodskap van hoop regdeur Suid-Afrika te versprei.
Tydens haar optredes lê Anais baie klem entrepreneurskap om van vroeg af reeds jou droom uit te leef. ‘n Paar belowende jong plaaslike entrepreneurs wat reeds op jong ouderdom ‘n belangstelling ontwikkel het waardeur hul hul eie toekomsdrome kan verwesenlik is vooraf geïdentifiseer en het borgskappe ontvang. Verskeie onafhanklike borge dra by tot die skenkings/borgskappe wat gemaak word.
In Thabazimbi is drie persone geïdentifiseer wat deur die Vliegduif Unie geborg is om hul eie belangstelling in hierdie sport te bevorder. Groot geld is betrokke by Vliegduif wedvlugte en deur op ‘n vroeë ouderdom daarby betrokke te raak kan jy genoeg geld verdien om selfs jou eie naskoolse opleiding te finansier. Sy het die leerlinge ook aangemoedig om nooit tou op te gooi nie en
die finale boodskap wat Anais oorgedra het is dat “As jy hard genoeg gedroom het, sal jy dit bereik”.
Daar is mense wat vir jou omgee al ken jy hulle nie en hulle ken jou ook nie. Hierdie mense is “Life Line” wat geskakel kan word by 0861 322 322. Skakel hulle met jou probleme, hulle sal jou bystaan met raad om dit te oorkom. Begin on jou drome uit te leef.