October 17, 2015

Jakaranda Afrikaans FM

admin

No Comments

Click Here

Dit is met groot opgewondenheid dat ‘Be Your Dream’ die vrystelling van Anais se nuwe ‘single’, ‘So Duidelik Soos Daglig’ bekendstel! Anais se voorige solo album, ‘Lig Van Die Nag’, het goue status bereik binne 11 maande nadat dit vrygestel is. Haar onlangse duet album met Gerhard Steyn, ‘Liefdesoorlog’, is besig om die hoogtes in te vaar.

‘So Duidelik Soos Daglig’ is geskryf deur Gerhard Steyn. Dié lied is ‘n liefdesliedjie en verduidelik die “perfekte dag” met jou liefling. Die lirieke verhaal ‘n sonopkoms in a fantasie wêreld; ‘n paradys, waar jou geliefde ál is, wat vir jou van belang is. Dit verduidelik hoe jy na jou geliefde kyk en hoe die realisasie jou tref soos daglig, dat hierdie persoon jou sielsgenoot is. Die “perfekte dag” sluit af met ‘n sonsondergang en die belofde dat jul liefde nooit versteur sal word nie. Die lied is die titelsnit van haar nuwe album, ‘So Duidelik Soos Daglig’, wat binnekort op die rakke sal verskyn.

Anais is die Nasionale Ambassadeur vir LifeLine. Haar samewerking met LifeLine, ‘n NPO, behels bewusmaking van LifeLine sowel as pure opvoeding. Anais het die liedjie, ‘Be Your Dream’, vrygestel as die amptelike tema lied vir LifeLine. Die liedjie is daarop gemik om mense regoor die land te raak en te inspireer om hul drome te bereik; om te besef dat hulle en hul drome waardevol is. Hierdie liedjie gaan ook vrygestel word op haar nuwe album, ‘Lig Van die Nag’.

Facebook: Anais

Facebook: Be Your Dream Project

Twitter: @AnaisArtist

Instagram: anaiselizabeth

Webwerf: www.beyourdream.co.za

Publisiteit & Bemarking / Starburst Promosies

Alishia van Deventer

Sel: 083 635 4717

E-pos: alishia@starburstmusic.co.za